Dié manne vol pret
2011-11-16 12:15
Dié manne vol pret
Rocking the suburbs
Ek het lanklaas ’n band gesien wat hulself so baie op die verhoog geniet soos Skelmbosch.
Ek het lanklaas ’n band gesien wat hulself so baie op die verhoog geniet soos Skelmbosch.

Dit beteken glad nie dat hulle nie hul musiek ernstig opneem nie – hulle laat net baie ruimte vir pret.

Die groep bestaan uit die broers, Neil (kitaar) en Sean (baskitaar) Schoeman, met Jakes Steenkamp op die dromme. Die broers bly nou al twee jaar in Bellville, maar is oorspronklik van Potchefstroom. Hulle het Jakes deur ’n vriend ontmoet.

Neil verduidelik dat Skelmbosch as ’n “side-project” begin het. Hy sê hulle wou net ’n bietjie “jam”.

Hy het die groep se naam raakgelees in ’n advertensie vir ’n New Holland-toer.

“Ons het eers ’n jaar later ’n gig gespeel,” sê hy.”Ons wou nog atlyd Kaap toe trek,” sê Sean.

Na Niel sy laaste eksamen geskryf het, het hy net sy motor gepak en gekom. Hy sê hy het nie eers hier werk gehad nie.

“Ons wou vir die musiek scene hierheen kom,” sê hy.

Neil beskryf die groep se musiek as “Afrikaanse rock ’n roll”.

Een van hul liedjies, “Juffrou Van Wyk”, het Neil op universiteit geskryf.

Toe hulle met die groep begin het, het hulle dié liedjie net vir die grap geoefen. “Toe kom ’n paar lekker songs uit,” sê Sean.

Die groep het ’n enkelsnit, met Neil Basson as regisseur, opgeneem. Die Vredestraat-Opnames, is op hul Facebookblad beskikbaar.

Hierdie week is hulle terug in die ateljee met Teejay van Coffee Stained Vynil Studios.

Hulle gaan ook binnekort hul eerste musiekvideo skiet.

Skelmbosch maak reg vir ’n besige Desembermaand. Op 2 Desember speel hulle by die Paarl de Ville Rock-fees. Op 9 Desember is hulle in Langebaan met Dogtown.

Op 14 Desember speel hulle saam met Willem Welsyn en die Sunrise Toffies by Purple Turtle, voor hulle die Rock the River-fees op 31 Desember bywoon.

“Op die oomblik werk ons net hard om saam met die local bands te speel,” sê Neil.

“Ons gee mense nie tyd om van ons te vergeet nie,” voeg Sean by.

Om meer oor Skelmbosch uit te vind of oor hul gig-datums, of om na hulle musiek te luister, kry hulle op Facebook of Twitter.
facebook
twitter
img
img
img
WEATHER
Weather for Saturday 2012-05-19
Please select your area for forecast
CPT 11° - 15° icon
PTA 7° - 25° icon
JHB 5° - 22° icon
BLOEM 0° - 17° icon
DBN 14° - 21° icon
PE 7° - 14° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs