Engelse liedjieskrywer en musikant, Luna Paige, se eerste Afrikaanse-produksie, Storielied, is by die Woordfees te sien op 5 Maart en by KKNK van 4-7 April.
Die idee vir Storielied is gebore nadat Paige die liedjie "‘n Huldeblyk aan Margaret Bakkes se 80ste jaar" by die Woordfees gesing het.
Paige het daarna 'n temalied vir een van Margaret Bakkes se romans geskryf. Die lied is goed ontvang deur haar aanhangers en sy het besluit om iets nuut aan musiekliefhebbers te bied deur Afrikaanse letterkunde en musiek in ‘n ander lig te plaas.
Haar toer in 2011 en ook ‘n insetsel op die kykNet-program Kwela het ongelooflike belangstelling gewek. Daarna is sy na verskeie funksies en teaters genooi om Storielied op te voer.
Storielied handel oor 'n liefdesverhouding tussen die Afrikaner en die aarde. Die produksie word vergesel deur sommige van Suid-Afrika se beste musikante wat gehore op ‘n reis sal neem na magiese verbeeldingswerelde. Kunstenaars soos Schalk Joubert, Kevin Gibson, Anjulie Nock, Piet de Beer en Jan-Hendrik Harley sal Luna Paige vergesel op die verhoog.
Storielied is op Maandag 5 Maart om 19:00 as deel van die Woordfees te sien by De Vette Mossel. Toegang: R80
Daarna kom die produksie op die planke by die jaarlikse KKNK op Woensdag 4 April om 14:00; Donderdag 5 April om 10:00 en Saterdag 7 April om 14:00
Besoek www.lunapaige.com