Home / Aanklag is nou moord

Die saak teen Jacob Humphreys, die nou reeds berugte minibustaxibestuurder van Devonpark, Eersterivier, is verander van tien aanklagte van strafbare manslag na tien aanklagte van moord.

Ingrid Augis, ma van Lisle Augis, een van die tien slagoffers van die taxi-trein-ongeluk op 25 Augustus verlede jaar, het aan TygerBurger gesê die ondersoekbeampte in die saak, kapt. Dolf Jonker, het verlede Vrydag aan die hof hierdie feit bekendgemaak.

Humphreys het op Vrydag 29 April weer vlugtig by die Blue Downs-landdroshof verskyn.

Al die ouers van die slagoffers van die ongeluk het Vrydagoggend se hofverrigtinge bygewoon.

Humphreys se volgende verskyningsdatum is Vrydag 20 Mei waar Humphreys die akte van beskuldiging van die staat sal kry.

Die verhoordatum vir die oorplasing van die saak na die Wes-Kaapse hooggeregshof ook die dag bekend gemaak word.

Humphreys (55), was die bestuurder van die mini-bus-taxi wat gekontrakteer was om skoolkinders van Eersterivier na verskeie skole buite die gebied te vervoer.

Hy was meer as agt maande gelede met die 13 skoolkinders onderweg na skole in Kuilsrivier, Bellville en Bellville-Suid; toe die taxi met ’n aankomende trein by die Buttskop-treinoorgang in Blackheath, gebots het.

Ooggetuies het berig dat Humphreys die treinoorgang-versperrings verontagsaam het en terwyl dit in die sakkende posisie was, ander voertuie verbygesteek het en die spoorlyn probeer oorsteek het.

’n Aankomende trein onderweg na die Strand het die taxi gestref.

Dié grusame ongeluk het die lewens van tien skoolkinders tussen die ouderdomme van sewe en 16 jaar geëis.

Humphreys, wat tydens die ongeluk ligte beserings opgedoen het, is nadat hy uit die Netcare Kuilsrivier-hospitaal ontslaan is, op borgtog van R20 000 vrygelaat.

Met die vorige hofdatum op 18 Maart het Die Burger berig dat staatsaanklaer adv. Quintin Appels aan die hof genoem het dat die polisie se ondersoek deur Jonker voltooi is en dat die dossier verlede week Vrydag tydens hofverrigtinge aan Enver Titus, die beskuldigde se regsverteenwoordiger, oorhandig sou word.

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Saturday 2012-05-19
Please select your area for forecast
CPT 11° - 15° icon
PTA 7° - 25° icon
JHB 5° - 22° icon
BLOEM 0° - 17° icon
DBN 14° - 21° icon
PE 7° - 14° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs