Wednesday 30 July 2014
Home / News / Klagtes teen polisie neem toe

Klagtes van die Wes-Kaapse publiek teen die polisie het in die afgelope boekjaar met bykans 10% toegeneem.

Dié toename blyk uit syfers wat genl.maj. Sharon Jeptha, assistent-polisiekommissaris in die Wes-Kaap, gister bekend gemaak het.

Volgens Jephta het klagtes teen die provinsie se polisiebeamptes van 1932 in die 2010-’11-boekjaar tot 2121 in die tydperk van 1 April 2011 tot einde Maart 2012 toegeneem.

Die meeste van die klagtes hou volgens haar verband met polisiewreedheid en nalatigheid. Sy kon nie sê presies hoeveel van die klagtes oor polisiewreedheid ingedien is nie.

Danksy die klagtes wat ingedien word, kan die polisie sien wat hulle verkeerd doen en probeer om hul diens te verbeter, het sy gesê.

Die nuus oor die toename in die klagtes teen die polisie kom kort op die hakke van die aankondiging deur die Onafhanklike Polisie-ondersoekende Direktoraat (Opod) verlede week dat 12 polisiebe-amptes verbonde aan die Valke in die Wes-Kaap van onder meer moord, poging tot moord en menseroof aangekla gaan word.

Hulle word daarvan beskuldig dat hulle op 10 Februarie 2009 mnr. Sidwell Mkwambi (24) se dood in polisie-aanhouding veroorsaak het.

Hulle het tydens die voorval almal by die voormalige eenheid teen georganiseerde misdaad in Bellville-Suid gewerk.

Altesaam 14 lede van die Valke is aanvanklik deur Opod ondersoek.

- Die Burger

  COMMENTS 
 
top
OUR LATEST ISSUE

top
HAVE YOUR SAY Suggest future poll
Palestine
Would you support a boycott of Israeli products?
Yes
No
top
bottom