Tuesday 23 December 2014
News / Vlieënde verpleegster help ander om weer te sien

Al is daar omtrent nooit behoorlike toiletgeriewe in die lande waar Jackie Newton werk nie, voel sy geroepe om ’n vlieënde verpleegsuster te wees.

Dié vrou van Table View was in minder as vier jaar al in 16 lande saam met die ORBIS ­Vlieënde Ooghospitaal, waar sy help om mense se sig te herstel en gesondheidswerkers op te lei.

Ofskoon die DC-10-vliegtuig waarmee dié organisasie sonder winsbejag die wêreld oor reis ’n teater aan boord het, skakel hulle altyd met plaaslike hospitale, waar hulle ook prosedures uitvoer.

Die span besoek lande tot ’n jaar voor die tyd om te hoor wat ’n land se behoefte is. Die operasies en laserprosedures word dan gedoen na aanleiding van die plaaslike gesondheidspersoneel se opleidingsbehoeftes.

Aan boord van die vliegtuig word die sitplekke ’n klaskamer, waar plaaslike dokters met behulp van tolke na die operasies kyk en na die bespreking luister, asook vrae kan vrae.

Alle prosedures word vooraf beplan en bespreek en die span, wat baie op vrywilligers staatmaak, doen sowat 30 prosedures per week en bly tot vyf weke.

“Dit is baie meer as net verpleging. Ons lei mense op en ons doen baie logistieke werk. Ons wil nie net ingaan in ’n land, goeie werk doen en sodra ons weggaan, staan alles stil nie. Wanneer ons weg is, laat ons mense agter met vaardighede, wat die instandhouding van toerusting insluit,” het Newton gesê.

Soms is die plaaslike hospitaal in so ’n swak toestand dat hulle sommer ’n “soort teater op die plek oprig”, want nie alles word aan boord gedoen nie.

“Ai, die toilette en veral toiletpapier,” het Newton gesê. “Soms is daar nie elektrisiteit of water nie, maar ons improviseer”.

Sy was onlangs in Indonesië en Viëtnam en tans pak sy haar tasse vir China.

Net een dag het sy gevoel dit raak te veel vir haar.

Hulle was onderweg van die lughawe na hul blyplek in Bangladesj. Dit het gereën. Hordes mense het langs die pad geloop en swaar vragte gedra.

“Ek het by die hotel gekom en my ma gebel. Ek het gehuil.”

- Die Burger

  COMMENTS 
 
top
OUR LATEST ISSUE & BACK COPIES

top
HAVE YOUR SAY Suggest future poll
Festive season shopping
Where will you be shopping this festive season?
Shopping malls
Online
I'm broke!
Festive shopping is a waste of money!
top
bottom