Sport / Tiere klop D.F. Malan

In ’n uiters taai en spanningvolle kragmeting het HS Tygerberg se o.19A-netbalspan D.F. Malan in die jongste reeks eersteliga-wedstryde in die WP met 31-27 geklop.

Die Tiere het van meet af aan die voortou geneem en in ’n stadium ’n voorsprong van ses doele opgebou. Teen die einde het die Bellvilliete mooi teruggeveg, maar die besoekers se voorsprong was net te groot om uit te wis.

Tygerberg se oorwinning kan toegeskryf word aan ’n puik spanpoging waarmee die tuisspan gereeld op die agtervoet gedwing is. Daarby het die Tiere deeglik munt geslaan uit DFM se foute.

Tygerberg se doelskieters, Xenia Fölscher en Nadia Roelofse, was mooi op dreef terwyl Janine Wagenstroom in die senterbaan uitgeblink het. Vir die tuisspan het Lara Pretorius en Lezahn Mentz die beste vertoon.

DFM se ander spanne het darem veel beter gevaar en oorwinnings is behaal deur die o.19B (24-16), o.16A (32-13) sowel as die o.14A (19-14).

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Friday 2013-05-24
Please select your area for forecast
CPT 9° - 20° icon
PTA 8° - 25° icon
JHB 6° - 23° icon
BLOEM 2° - 25° icon
DBN 15° - 24° icon
PE 13° - 22° icon
Visit AfricaWeather.com for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs