Home / Glynys Lailann se ‘Long Life’ Noedels

In Sjina is noedelgeregte 'n moet wanneer verjaardae en die Sjinese nuwe jaar gevier word. Dit is tekenend van 'n lang lewe. Die sjinese naam is e-fu of yi mein. Noedels en die res van die bestanddele is by Asiatiese winkels te koop. Glynis beveel veral die Sjinese markie in Monte Vista aan.


Bestanddele:



  • 8 medium gedroogde sampioene

  • 2 koppies baie warm water

  • twee 9-ons (255gr) pakkies vars eiernoedels en een 8-ons (226gr) pakkie gedroogde eiernoedels

  • 3 eetlepels (45ml) plantolie

  • 1 eetlepel (15ml) lae-sodium of gewone soya sous

  • 3 medium huisies knoffel, fyngemaak (1 eetlepel/15ml)

  • 4 onse (113gr) knopies sampioene (wit of roomkleur), skoongemaak en gekerf (1 koppie/250ml)

  • 2 onse (56gr) enoki sampioene, skoongemaak en verdeel in happiegrootte stukke (1 koppie/250ml)

  • 3 eetlepels (45ml) oestersous

  • 5 Sjinese uiegrassies of maer salotte in 5cm stukke gesny.

  • 1 teelepel (5ml) sout of meer volgens smaak

  • Varsgemaalde peper


Metode:


Laat staan die gedroogde sampioene vir 20 tot 30 minute in die warm water totdat hulle herstel het. Gooi die water af en hou 1 koppie (250ml) van die water. Sny die sampioene in 1/4 duim (25mm) strokies.


Berei die noedels volgens die voorskrif op die pakkie voor. Gooi dit nadat dit gekook is in 'n vergiettes en spoel met koue lopende water. Sit dit dan in 'n groot bak en voeg 1 eetlepel (15ml) van die olie en die soyasous by. Skud dit om te meng.


Maak 'n grot wok of pan vir 'n minuut oor medium hitte warm. Voeg die oorblywende twee eetlepels olie by en maak dit warm totdat dit begin prut. Voeg nou die knoffel en sjalotte by, kook 30 tot 45 sekondes tot geurig. Voeg die swart sampioene en die knopies sampioene by en kook en roer vir twee minute tot amper gaar. Voeg nou die enoki sampioene, sampioen vloeistof wat oorgebly het, die oestersous, die uiegras en teelepl (5ml) sout (minder sout indien dit nie lae-sodium soya was gebruik is nie) by. Voeg die noedels by en roer vinnig totdat die bestanddele goed gemeng en deurwarm is. (Indien nodig, gebruik 'n slaplemmes in elke hand om dit egalig te meng) .


Proe en voeg sout en paper by volgens smaak. Bedien warm.


Interessante inligting:


Die noedels is gewoonlik gedroog en in blokke vasgedruk.


Die salotte is rooier, kleiner en nie so sterk soos die Westerse nie maar kan daarmee vervang word solank die hoeveelhede net reg is. Die Sjinese uiegras, word ook knoffelgras genoem en het 'n heerlike geur en word heldergroen ná 'n paar minute se gekook.


Mens kan meer sampioene gebruik as jy daarvan hou en kan selfs vleis, soos stukkies vark, hoender of bief saam met die salotte en die knoffel braai.

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Saturday 2012-05-19
Please select your area for forecast
CPT 11° - 15° icon
PTA 7° - 25° icon
JHB 5° - 22° icon
BLOEM 0° - 17° icon
DBN 14° - 21° icon
PE 7° - 14° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs