News / Ravensmead-Belhar / Polisie fnuik rooftog by Blackheath fabriek

Lede van die Wes-Kaapse polisie se blitspatrollie-eenheid het Woensdag drie mans se planne gefnuik om ’n fabriek in Blackheath te beroof.

Volgens ao. November Filander, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, het die polisie inligting opgevolg wat hulle van die publiek ontvang het.

Die mans se twee wegkomvoertuie, ’n Toyota Avanza en Volkswagen Golf, het ’n entjie gestaan van die fabriek wat hulle wou beroof.

Volgens Filander het die mans na die fabriek gestap, maar toe hulle die polisie gewaar, het hulle laat spaander.

“Die mans het na ’n oop veld gehardloop en in die proses twee vuurwapens neergegooi. Beamptes het daarin geslaag om al drie te vang,” het Filander gesê.

Die drie is naby die Happy Valley- informele nedersetting in hegtenis geneem.

Die mans is geboei en die twee vuurwapens, ’n .22-pistool met vyf patrone en ’n 9mm-pistool met agt patrone, is gevind.

Die reeksnommers van albei vuurwapens is afgekrap.

Die polisie het ook op die twee wegkomvoertuie beslag gelê.)

Wapens in buitetoilet gevind

In ’n ander voorval Woensdag omstreeks 18:00 het die polisie twee gewere in ’n buitetoilet by ’n huis in Bellville-Suid gekry.

Die twee .303-gewere, sonder patrone, was na bewering in ’n slaapsak toegedraai.

Niemand is nog in verband met die wapens in hegtenis geneem nie.

Volgens Filander moet die eienaars daarvan nog opgespoor word.

Die mans verskyn Vrydag op aanklagte van gewapende roof en die besit van onwettige vuurwapens in die Kuilsrivier-landdroshof verskyn.

Die Burger

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Saturday 2012-05-19
Please select your area for forecast
CPT 11° - 15° icon
PTA 7° - 25° icon
JHB 5° - 22° icon
BLOEM 0° - 17° icon
DBN 14° - 21° icon
PE 7° - 14° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs