googletag.pubads().enableSyncRendering(); googletag.pubads().enableSingleRequest(); googletag.enableServices(); TygerBurger - Miljoene teen vandalisme op treine
Monday 30 March 2015
News / Ravensmead-Belhar / Miljoene teen vandalisme op treine

Metrorail in die Wes-Kaap sê hy het toestemming gekry om 250-miljoen rand te bestee om sy strategiese bates te beveilig.

Die streeksbestuurder, Mthuthuzeli Swartz sê verder 'n honderd voormalige soldate het by hulle sekuriteitsmag aangesluit om vandalisme uit te roei.

"'n Nasionale tender is pas gefinaliseer om R700 miljoen aan te wend vir die beskerming van strategiese bates - hierdie streek self sal  R250m spandeer om toerusting in probleemareas te installeer" , het hy gesê.

Metrorail verloor jaarliks miljoene rand weens skade aan toerusting en infrastruktuur. Swartz sê misdaad op treine en stasies is 'n probleem vir die samelewing en hulle het hulp van die provinsiale regering nodig om bykomende hulpbronne te ontpooi.

- Die Burger

Related Articles
  COMMENTS 
 
top
OUR LATEST ISSUE & BACK COPIES

top
HAVE YOUR SAY Suggest future poll
Feeste in die Kaap
Hoe voel jy oor al die feeste in die Kaap?
Ek kan nie al die feeste bekostig nie.
Ek hou nie van feeste nie
Ek is elke naweek by ‘n fees
Watse feeste?
top
bottom