googletag.defineSlot('/7635/Tygerburger-Web/Features', [300, 250], 'div-gpt-ad-1377519415436-2').addService(googletag.pubads()).setTargeting("posno", "3"); googletag.pubads().enableSyncRendering(); googletag.pubads().enableSingleRequest(); googletag.enableServices(); TygerBurger - Kitsbank in Goodwood opgeblaas
Saturday 25 October 2014
News / Bellville / Kitsbank in Goodwood opgeblaas

Nog ’n kitsbank is Sondagoggend vroeg in Goodwood opgeblaas.

Die FNB-kitsbank by ’n klein winkelsentrum in Hugostraat, is omstreeks 03:25 vermoedelik met kommersiële plofstof verwoes.

Dit is die 18de kitsbank wat die afgelope jaar in die Wes-Kaap opgeblaas is. Verlede week Dinsdag het ’n Absa-kitsbank in Lansdowne in die slag gebly.

Volgens lt.kol. Andre Traut, ’n Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, is dit onbekend of die verdagtes met geld gevlug het. Dit sal later deur die bank vasgestel word.

“Die onlangse vloed van kitsbank-aanvalle is ’n bekommernis vir die polisie.

“Daar word hard gewerk om die verantwoordelike misdadigers vas te trek.”

Die Valke het ook ’n ondersoekspan aangestel wat na kitsbank-aanvalle kyk. Hulle ondersoek die oorsprong van die plofstof en volg leidrade op wat hulle hopelik na verdagtes sal lei.

Die polisie het mense aangeraai om versigtig by kitsbanke te wees en om nooit verdagte mense in die omgewing teen te staan nie.

Niemand is in gister se aanval beseer nie. Die verdagtes is steeds op vrye voete.

Die ander kitsbanke wat sedert Januarie opgeblaas is, was in Bellville, Goodwood (2), Wynberg, Macassar, Guguletu, Delft, Nyanga (3), Dieprivier, Parow, Ottery, Athlone, Khayamandi (Stellenbosch) en Epping. - Leighton Koopman

- Die Burger

Related Articles
  COMMENTS 
 
top
OUR LATEST ISSUE

top
bottom