googletag.pubads().enableSyncRendering(); googletag.pubads().enableSingleRequest(); googletag.enableServices(); TygerBurger - Motorbestuurders wat twiet, SMS 'n gevaar
Tuesday 23 December 2014
News / Kraaifontein / Motorbestuurders wat twiet, SMS 'n gevaar

Of jy nou skelm hier onder die stuurwiel daardie SMS of twiet stuur en of dit oop en bloot is, albei is ewe gevaarlik.

Selfs “ bedrewe kenners” soos jong mense wat basies met ’n selfoon in die hand leef, kan nie bestuur en teksboodskappe stuur sonder om ’n gevaar op die pad te wees nie.

Verskeie studies is al gedoen wat die gevare uitlig tussen bestuur en teksboodskappe stuur.

Luidens ’n berig op die webblad van eScience het studente van die Universiteit van Oklahoma in die VSA onder leiding van die departement van gemeenskapsgesondheid onlangs ’n studie daaroor gedoen.

Altesaam 30 studente tussen 15 en 19 jaar het daaraan deelgeneem. Byna almal van hulle het minder as ’n jaar se bestuurservaring, maar is uiters bedrewe met die tik van teksboodskappe. Die nabootser waarmee die deelnemers bestuur het, het alle bestuursfoute aangeteken, soos om uit jou baan te beweeg, laat te stop en die laat raaksien van voetgangers.

Uit die resultate is dit duidelik dat dié wat bestuur en boodskappe gestuur het gemiddeld 17 keer meer foute gemaak het as dié wat net bestuur het.

Diegene wat die selfoon nog onder die stuurwiel gehou het sodat verkeersbeamptes dit nie kan sien nie, het 22 keer meer foute gemaak as sonder die selfoon.

Die navorsers het tot die slotsom gekom dat die bestuur saam met boodskappe stuur doodeenvoudig gevaarlik is.

In vorige navorsing waar ervare bestuurders gebruik is, het die navorsers tot dieselfde slotsom gekom.

- Die Burger

  COMMENTS 
 
top
OUR LATEST ISSUE & BACK COPIES

top
HAVE YOUR SAY Suggest future poll
Festive season shopping
Where will you be shopping this festive season?
Shopping malls
Online
I'm broke!
Festive shopping is a waste of money!
top
bottom