News / Brackenfell / Strenger rookwette voorgestel

Rokers sal in die toekoms moet seker maak hulle is 50m van ander mense af as hulle ’n sigaret op die strand wil aansteek.

Dít is een van die voorgestelde strenger rookregulasies wat onlangs in die Staatskoerant deur dr. Aaron Motsoaelidi, nasionale minister van gesondheid, aangekondig is. Daar word beplan om die Wet op die Beheer van Tabakprodukte (1993) nóg strenger te maak. Mense het drie maande tyd om op die voorgestelde veranderings te reageer.

Dit sluit in dat diegene in beheer van ’n openbare plek of ’n werkgewer moet toesien dat niemand onder 18 jaar in die rookgebied kom nie. Dié gebied moet duidelik gemerk, skoon, met asbakke toegerus en minstens 10 m van ’n venster en ingang af wees. In openbare plekke sal mense net toegelaat word om in die rookgebied te rook en nêrens anders nie.

Geen vermaak mag ook in ’n rookgebied aangebied word nie. Die eienaar of werkgewer van ’n openbare plek mag ook besluit om rook enige plek op die perseel te verbied.

- Die Burger

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Saturday 2013-05-25
Please select your area for forecast
CPT 11° - 19° icon
PTA 8° - 24° icon
JHB 9° - 23° icon
BLOEM 5° - 26° icon
DBN 16° - 25° icon
PE 10° - 23° icon
Visit AfricaWeather.com for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs