News / Parow / Wes-Kaap se 10 mees gesoektes

Die Wes-Kaapse polisie het Woensdag die name bekend gemaak van tien mense wat van die lang arm van die gereg vlug.

Van die tien is vier vroulike dwelmmuile wat tussen Junie 2007 en Februarie 2010 met dwelms in hul besit op die Kaapstadse Internasionale Lughawe gevang is.

’n Provinsiale polisiewoordvoerder, ao. November Filander, het gesê die polisie sentraliseer die lys van gesoekte misdadigers en gaan voortaan op ’n gereelde grondslag die name en inligting oor misdadigers wat gesoek word aan die media deurgee.

Van die ander voortvlugtendes word gesoek vir onder meer moord, huisroof, sakeroof, huisbraak en verkragting.

- Die Burger

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Thursday 2013-06-20
Please select your area for forecast
CPT 10° - 17° icon
PTA 5° - 22° icon
JHB 2° - 21° icon
BLOEM -2° - 21° icon
DBN 9° - 24° icon
PE 9° - 18° icon
Visit AfricaWeather.com for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs